ONS FOKUS
OP BEHOEFTES...
 

Sedert ons ontstaan in 2008, het ons besef dat ons met ‘n unieke langtermyn oplossing wil bou. Deur biologiese produkte te gebruik, kan ons vir die kliënt geld spaar op sy normale NPK-behoeftes, met beter, gesonder oeste en ‘n wesenlike winsverbetering.

Die fokus is dus op die balans van elemente toegedien met ‘n biologiese benadering.

Loskop ICT het geweldig uitgebrei in die laaste paar jaar en beskik tans oor senior bemarkers, junior bemarkers, sub-agente asook depots. Kliënte word oor die hele Mpumalanga, Springbokvlakte, Limpopo, Gauteng en Noordwes gediens.

 

Gewasse waarin ons spesialiseer is sitrus, makadamias, pekans, druiwe, bessies, piesangs, avo’s, saaigewasse, groentes, tabak, katoen, weiding, turf en tonnelverbouing.

Om hierdie rede gebruik ons ‘n wetenskaplike benadering met grond-, blaar- en petiool-ontledings om daarna vir ‘n kliënt spesifieke voorstelle te skryf.

 

Loskop ICT kan dan blok-spesifieke formulasies saamstel en deurvoer. Nie elke land of blok se grond en blaar ontledings is dieselfde nie, daarom is die fokus op blok-spesifieke voorstelle.

Loskop ICT beskik oor ‘n unieke wateroplosbare aanleg waar ons A- en B-mengsels volgens resepte en voorstelle kan formuleer, verpak en aan ons kliënte kan aflewer. Hierdie mengsels staan bekend as ons BG [Black Gold]-reeks.

 

Black Gold is ons koolstof-komponent wat saam met ‘n spoorelement-mengsel in A- en B-mengsels ingemeng word.

Net so kan ons vloeibare afdeling ook formulasies en resepte voorstel vir kliënte, waar ons dan die vloeibare koolstofbron, Aminofix, inmeng. Hierdie produk is in 25lt-kanne en flowbins beskikbaar volgens behoefte.

‘n Ander afdeling is ons Compound-korrelreeks, waar ons NPK-formulasies gebruik met Black Gold en spoorelemente. Wat hierdie reeks uniek maak, is dat elke korrel dieselfde inhoud bevat en nie soos ‘n korrel blend vanuit drie tot vier verskillende elemente bevat nie. Ons versprei ook 'n uitsonderlike reeks blaarvoedings en formuleer ons eie volgens behoefte. Ons het ook die eksklusiewe verspreidings reg vir die Coda blaarvoedings-reeks in die genoemde areas. 

Loskop ICT is passievol daaroor om, ná-ontledings verwerk is, regstellings voor te stel om grondelemente weer in ‘n balans te kry vir volhoubare boerdery.

 

Produkontwikkeling sluit ook beproefde kalsium produkte in vir grond-en blaaruitdagings, met uitsonderlike resultate.

U as ons kliënt word verseker van getroue diens en wetenskaplik-geformuleerde produkte van die hoogste standaard. Kliënteverhoudings is vir ons baie belangrik, om saam die toekoms in te gaan en ‘n verskil te maak.

NEEM VAN BLAAR- EN GRONDMONSTERS

   ONS   

   DIENSTE   

KUNDIGE ADVIES OOR BEMESTING EN PLANTVOEDING 

BEMESTINGSPROGRAMME WAT VOLGENS JOU SPESIFIEKE BEHOEFTE GESKRYF IS

VOORGESKREWE WATEROPLOSBARE MENGSELS

KORRELMENGELS

BLAARVOEDINGS

REGSTELLINGS  

VOORGESKREWE VLOEIBARE MENGSELS

 

LIMPOPO OOS

LIMPOPO SUID

LAEVELD

HOEVELD

NOORD WES

VALLEI

PALALA

VLAKTE

 LIMPOPO WES 

BARRY  HERTZOG
CLINTON JOVNER
JACO PRINSLOO
RENIER MEIRING
 BRYAN JOVNER
ANDRE STEVENS
  RIAAN BASSON

BEMESTING MET TROTS!   

  • Facebook

013 590 8998

N11 tussen Groblersdal en Marble Hall

GPS : 24°59`51.5”S29°20`05.0”E